ʼn Mens hou nie op met lag omdat jy oud

word nie, jy word oud omdat jy ophou lag.

Audrey Hepburn

REDDERSRUS SENTRUM VIR BEJAARDES

Reddersburg is ’n agri-gedrewe dorp op die N6, slegs 60km Suid van Bloemfontein. Die dorp het sy begin gehad as ’n nuwe kerk en gemeente en daarom het die dorpie se naam ’n direkte verband met die Heiland, Jesus Christus.

By Reddersrus Sentrum vir Bejaardes word inwoners met liefde behandel maak nie saak of hulle onafhanklik kan lewe of vol-sorg verg nie. Hier word jaarliks kermis gehou asook ander bederfies soos braaidae, pannekoekverkope en optredes asook vertonings soos deur die skool of gemeenskap aangebied.


Weekliks word daar aktiwiteite aangebied soos Bingo, Sang, Fliek-middag, Kuier, Klets en Kielie die Spiere Progam en elke Sondag ‘n erediens. 

AKKOMMODASIE

Reddersrus se verskeidenheid van behuisingsopsies sorg dat daar iets vir almal is.

DIENSTE

Reddersrus bied verskeie dienste en geriewe aan wat deur bejaarde persone en gestremde persone benodig mag word. Neem asseblief kennis dat van hierdie dienste gelys addisionele fooie vereis.

  • Tuisversorging vir woonstel inwoners
  • Etes asook tee/koffie
  • Skoonmaakdiens
  • Wasgoed
  • Medikasiehantering
  • Vervoerdienste of aankope – Bloemfontein en Reddersburg
  • Afdak en skadunet parkering
  • Inkontinensie produkte en toiletware
  • Post-operatief (stepdown) in Versorgingsafdeling 
  • DSTV
parallax background